Galásiërs 3:20-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. En die middelaar is nie net vir een nie; maar God is een.

21. Is die wet dan teen die beloftes van God? Nee, stellig nie! Want as daar ’n wet gegee was wat krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees.

22. Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word.

Galásiërs 3