19. Daarby vier pilare met hulle vier voetstukke van koper en hulle kramme van silwer, en die oortreksel van hulle toppe en hulle ringe van silwer.
20. En al die penne vir die tabernakel en die voorhof rondom was van koper.
21. DIT is die berekening van die koste van die tabernakel, van die tabernakel van die Getuienis, soos dit bereken is op bevel van Moses, deur die diens van die Leviete, onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.
22. En Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, het alles gemaak wat die Here Moses beveel het.
23. En saam met hom Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan, ’n ambagsman en kunstenaar en kunswewer in pers en in purperrooi en in bloedrooi stowwe en in fyn linne.