Exodus 30:31-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

31. En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Dit moet vir My ’n heilige salfolie wees in julle geslagte.

32. Op geen mens se liggaam mag dit uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees.

33. Elkeen wat so iets meng of iets daarvan aan ’n onbevoegde laat kom, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

34. Verder het die Here vir Moses gesê: Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en gálbanum — speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede,

35. en maak daar reukwerk van, ’n mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig.

Exodus 30