33. En hulle moet dié dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; maar ’n onbevoegde mag daarvan nie eet nie, want dit is heilig.
34. En as daar van die vleis van die wydingsoffer of van die brood tot die môre toe oorbly, moet jy wat oor is, met vuur verbrand; dit mag nie geëet word nie, want dit is heilig.
35. So moet jy dan met Aäron en sy seuns doen net soos Ek jou beveel het. Sewe dae lank moet hulle wyding duur.
36. Jy moet ook daagliks ’n sondofferbul tot versoening berei en die altaar ontsondig deur daarvoor versoening te doen; en jy moet dit salf om dit te heilig.
37. Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die altaar en dit heilig. So sal dan die altaar hoogheilig word: elkeen wat aan die altaar raak, word heilig.
38. EN dit is wat jy op die altaar moet berei: twee jaaroud lammers gereeld elke dag.
39. Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei,