Exodus 28:21-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. En die stene moet volgens die name van die kinders van Israel twaalf wees, volgens hulle name. Soos op ’n seëlsteen uitgesny word, so moet hulle vir twaalf stamme wees, elkeen volgens sy naam.

22. Jy moet ook by die borstas gedraaide kettings, soos toutjies gedraai, van suiwer goud maak.

23. En maak by die borstas twee goue ringe; en bevestig die twee ringe aan die twee bo-ente van die borstas,

24. en maak die twee goue toutjies aan die twee ringe vas, aan die bo-ente van die borstas;

25. en maak die twee ander ente van die twee toutjies vas aan die twee kassies, en bevestig dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed, aan die voorkant daarvan.

Exodus 28