Exodus 23:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. JY mag geen valse gerug rondstrooi nie. Verbind jou nie met die skuldige om ’n kwaadwillige getuie te wees nie.

2. Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in ’n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie.

3. Ook mag jy die geringe nie voortrek in sy regsaak nie.

4. As jy jou vyand se bees of esel teëkom wat ronddwaal, moet jy dit sekerlik vir hom terugbring.

5. As jy jou vyand se esel onder sy pak sien lê, moet jy dit nie onverskillig aan hom oorlaat nie: jy moet dit sekerlik saam met hom aflaai.

6. Jy mag die reg van jou arm mense in hulle regsaak nie verdraai nie.

Exodus 23