Exodus 12:41-43 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

41. En ná verloop van vierhonderd-en-dertig jaar, op daardie selfde dag, het al die leërskare van die Here uit Egipteland uitgetrek.

42. Dit is ’n nag om plegtig onderhou te word tot eer van die Here, omdat Hy hulle uit Egipteland uitgelei het. Dit is dié nag van die Here om plegtig onderhou te word by al die kinders van Israel in hulle geslagte.

43. VERDER het die Here aan Moses en Aäron gesê: Dit is die insetting van die pasga: Géén uitlander mag daarvan eet nie.

Exodus 12