Exodus 12:35-41 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. En die kinders van Israel het gehandel volgens die woord van Moses: hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en klere geëis;

36. en die Here het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars, en dié het hulle versoek ingewillig. So het hulle dan die Egiptenaars berowe.

37. En die kinders van Israel het van Raämses na Sukkot weggetrek, omtrent seshonderdduisend te voet, die manne buiten die kinders.

38. En ’n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste — ’n groot hoeveelheid vee.

39. En hulle het van die deeg wat hulle uit Egipte gebring het, ongesuurde koeke gebak; want dit was nie ingesuur nie, omdat hulle uit Egipte uitgedryf is, sodat hulle nie kon vertoef nie en ook geen padkos vir hulle klaargemaak het nie.

40. En die tyd wat die kinders van Israel in Egipte gewoon het, was vierhonderd-en-dertig jaar.

41. En ná verloop van vierhonderd-en-dertig jaar, op daardie selfde dag, het al die leërskare van die Here uit Egipteland uitgetrek.

Exodus 12