Ester 9:30-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

30. En hy het briewe gestuur aan al die Jode in die honderd-sewen-en-twintig provinsies, die koninkryk van Ahasvéros, woorde van vrede en trou,

31. om dié Purim-dae op hulle bepaalde tye vas te stel soos die Jood Mórdegai en koningin Ester dit vir hulle verorden het, en soos hulle vir hulself en hul nageslag die voorskrifte aangaande die vastyd en die daarby behorende weeklag vasgestel het.

32. En die bevel van Ester het die voorskrifte vir hierdie Purim vasgestel, en dit is in ’n boek geskrywe.

Ester 9