Ester 4:7-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Toe deel Mórdegai hom mee alles wat hom oorgekom het, en die juiste bedrag van die silwer wat Haman beloof het om in die skatte van die koning af te weeg as prys vir die Jode om hulle uit te roei.

8. En hy het hom ’n afskrif gegee van die bevelskrif wat in Susan uitgevaardig was om hulle te verdelg, sodat hy dit aan Ester kon wys en haar die saak kon meedeel en haar kon opdra om na die koning te gaan om hom genade te vra en by hom ’n voorspraak te wees vir haar volk.

9. Daarop het Hatag ingegaan en die woorde van Mórdegai aan Ester meegedeel.

Ester 4