3. En die dienaars van die koning, in die poort van die koning, het aan Mórdegai gesê: Waarom oortree jy die gebod van die koning?
4. En toe hulle hom dit elke dag sê, en hy nie na hulle luister nie, het hulle dit aan Haman meegedeel om te sien of die handelwyse van Mórdegai sou standhou, want hy het hulle te kenne gegee dat hy ’n Jood was.
5. Toe Haman sien dat Mórdegai nie buig en voor hom nie neerval nie, was Haman met woede vervul.