Esra 10:18-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. En van die seuns van die priesters wat vreemde vroue getrou het, was daar van die seuns van Jésua, die seun van Jósadak, en sy broers: Maäséja en Eliëser en Jarib en Gedálja.

19. Maar hulle het hulle hand daarop gegee dat hulle hul vroue sou wegstuur en dat hulle ’n ram skuldig sou wees vir hulle skuld.

20. En van die seuns van Immer: Hanáni en Sebádja;

21. en van die seuns van Harim: Maäséja en Elía en Semája en Jéhiël en Ussía;

22. en van die seuns van Pasgur: Eljoënai, Maäséja, Ismael, Netáneël, Jósabad en Eleása.

23. En van die Leviete: Jósabad en Símeï en Kelája (dit is Kelíta), Petágja, Juda en Eliëser.

24. En van die sangers: Éljasib; en van die poortwagters: Sallum en Telem en Uri.

25. En uit Israel, van die seuns van Parhos: Ramja en Jissía en Malkía en Míjamin en Eleásar en Malkía en Benája;

Esra 10