3. En naas die gebied van Aser, van die oostekant af tot by die westekant: Náftali, een.
4. En naas die gebied van Náftali, van die oostekant af tot by die westekant: Manasse, een.
5. En naas die gebied van Manasse, van die oostekant af tot by die westekant: Efraim, een.
6. En naas die gebied van Efraim, van die oostekant af tot by die westekant: Ruben, een.
7. En naas die gebied van Ruben, van die oostekant af tot by die westekant: Juda, een.
8. En naas die gebied van Juda, van die oostekant af tot by die westekant, moet die offergawe wees wat julle moet afgee: vyf-en-twintigduisend el breed en net so lank as een van die dele, van die oostekant af tot by die westekant; en die heiligdom moet in die middel daarvan wees.
9. Die offergawe wat julle aan die Here moet afgee, moet vyf-en-twintigduisend el lank wees en tienduisend breed.