Eségiël 25:15-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. SO sê die Here Here: Omdat die Filistyne wraaksugtig gehandel het en hulle erg gewreek het met veragting in die siel, om te verwoes met ewige vyandskap —

16. daarom, so sê die Here Here: Kyk, Ek strek my hand uit teen die Filistyne en sal die Kretiërs uitroei en die oorblyfsel van die seekus vernietig.

17. En Ek sal gedugte wraak aan hulle oefen met grimmige strawwe; en hulle sal weet dat Ek die Here is as Ek my wraak oor hulle bring.

Eségiël 25