Eségiël 19:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VERDER, hef jy ’n klaaglied aan oor die vorste van Israel,

2. en sê: Wat was jou moeder? ’n Leeuin: tussen die leeus het sy gelê, onder die jong leeus het sy haar kleintjies grootgemaak.

3. En sy het een van haar kleintjies opgekweek, ’n jong leeu het hy geword; en hy het geleer om prooi te verskeur, hy het mense geëet.

Eségiël 19