Eségiël 11:3-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. wat sê: Nie so gou kom die tyd om huise te bou nie: hierdie stad is die pot, en ons die vleis.

4. Daarom, profeteer teen hulle, profeteer, mensekind!

5. Toe val die Gees van die Here op my, en Hy sê vir my: Spreek, so sê die Here: So het julle gespreek, o huis van Israel; en wat in julle gees opkom, weet Ék.

6. Julle het die wat deur julle verslaan is, in hierdie stad vermenigvuldig, en julle het sy strate vol gemaak met die wat verslaan is.

7. Daarom, so sê die Here Here: Die wat deur julle verslaan is, wat julle daarin neergelê het, hulle is die vleis, en hierdie stad is die pot, maar júlle sal Ek daar uitbring.

8. Julle is bevrees vir die swaard, maar die swaard sal Ek oor julle bring, spreek die Here Here.

9. En Ek sal julle daar uitbring en julle oorgee in die hand van vreemdes en strafgerigte onder julle oefen.

10. Julle sal deur die swaard val; by die grens van Israel sal Ek julle oordeel. En julle sal weet dat Ek die Here is.

Eségiël 11