Deuteronómium 30:1-2 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem onder al die nasies waarheen die Here jou God jou verdryf het,

2. en jy jou tot die Here jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel,

Deuteronómium 30