Deuteronómium 27:15-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Vervloek is die man wat ’n gesnede of gegote beeld maak, ’n gruwel vir die Here, werk van ’n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amen.

16. Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amen.

17. Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen.

18. Vervloek is hy wat ’n blinde op die dwaalweg lei; en die hele volk moet sê: Amen.

19. Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen.

20. Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk moet sê: Amen.

21. Vervloek is hy wat met enige dier gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

22. Vervloek is hy wat met sy suster, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

Deuteronómium 27