Deuteronómium 24:19-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. As jy jou oes op jou land insamel en ’n gerf op die land vergeet, mag jy nie omdraai om dit te gaan haal nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees, dat die Here jou God jou kan seën in al die werk van jou hande.

20. As jy jou olywe afslaan, moet jy nie agter jou in die takke rond soek nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees.

21. As jy jou wingerd oes, moet jy agter jou nie skoon afoes nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees.

22. En jy moet daaraan dink dat jy ’n slaaf was in Egipteland; daarom beveel ek jou om hierdie saak te doen.

Deuteronómium 24