Deuteronómium 20:8-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Dan moet die opsigters verder die volk toespreek en sê: Wie is die man wat bevrees en week van hart is? Hy kan teruggaan huis toe, dat die hart van sy broers nie smelt soos sy hart nie.

9. En as die opsigters die volk klaar toegespreek het, moet leërowerstes aan die hoof van die volk aangestel word.

10. As jy naby ’n stad kom om daarteen te veg, moet jy dit vrede aanbied.

11. En as dit jou ’n antwoord van vrede gee en vir jou oopmaak, moet die hele volk wat daarin gevind word, aan jou dienspligtig wees en jou dien.

Deuteronómium 20