Deuteronómium 17:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. JY mag aan die Here jou God geen bees of stuk kleinvee waaraan ’n liggaamsgebrek, iets slegs, is, offer nie; want dit is vir die Here jou God ’n gruwel.

2. As by jou, in een van jou poorte wat die Here jou God jou sal gee, ’n man of ’n vrou gevind word wat doen wat verkeerd is in die oë van die Here jou God deur sy verbond te oortree,

3. en ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig, en voor die son of die maan of die hele leër van die hemel — wat Ek nie beveel het nie —

4. en dit aan jou vertel word, en jy dit hoor, dan moet jy terdeë ondersoek instel, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel in Israel gedoen,

Deuteronómium 17