Deuteronómium 16:5-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Jy mag die pasga nie slag in een van jou poorte wat die Here jou God aan jou gee nie.

6. Maar op die plek wat die Here jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, moet jy die pasga slag, in die aand teen sononder, op die tyd van jou uittog uit Egipte.

7. Dan moet jy dit kook en eet op die plek wat die Here jou God sal uitkies; daarna moet jy in die môre omdraai en na jou tente gaan.

8. Ses dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar ’n feestyd vir die Here jou God; dan mag jy geen werk doen nie.

9. Sewe weke moet jy tel; vandat die sekel die eerste keer in die ongesnyde graan geslaan word, moet jy sewe weke begin tel.

10. Dan moet jy die fees van die weke hou vir die Here jou God ooreenkomstig die vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee, namate die Here jou God jou sal seën.

11. En jy moet vrolik wees voor die aangesig van die Here jou God, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is, en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat die Here jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.

12. En jy moet daaraan dink dat jy ’n slaaf in Egipte was; en jy moet hierdie insettinge sorgvuldig hou.

Deuteronómium 16