Deuteronómium 11:23-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. dan sal die Here al hierdie nasies voor julle uit verdrywe, en julle sal groter en magtiger nasies as julle uit hulle besitting verdrywe.

24. Elke plek waar julle voetsool op trap, sal aan julle behoort; van die woestyn en die Líbanon, van die rivier, die Eufraatrivier, tot by die Westelike See sal julle grondgebied wees.

25. Niemand sal teen julle standhou nie; die Here julle God sal die skrik en vrees vir julle oor die hele land laat kom waarop julle sal loop, soos Hy julle beloof het.

26. Kyk, ek hou julle vandag seën en vloek voor —

27. die seën as julle luister na die gebooie van die Here julle God wat ek julle vandag beveel;

28. en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die Here julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.

29. As dan die Here jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, moet jy die seën op die berg Gerísim lê en die vloek op die berg Ebal.

Deuteronómium 11