1. KONING Nebukadnésar aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon: Mag julle vrede groot wees!
2. Dit behaag my om die tekens en wonders wat die allerhoogste God aan my gedoen het, te verkondig.
3. Hoe groot is sy tekens, en hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk is ’n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag!
4. Ek, Nebukadnésar, het rustig in my huis gelewe en was voorspoedig in my paleis.
5. Ek het ’n droomgesig gesien wat my verskrik het — droombeelde op my bed en die gesigte van my hoof het my verontrus.
6. Daarop is deur my bevel gegee om al die wyse manne van Babel voor my te bring, dat hulle my die uitlegging van die droom bekend kan maak.
7. Toe het die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs en die waarsêers gekom, en ek het hulle die droom vertel, maar hulle het sy uitlegging my nie bekend gemaak nie;
8. totdat eindelik Daniël voor my ingekom het, wie se naam Béltsasar is, na die naam van my god, en in wie die gees van die heilige gode is; en ek het hom die droom vertel: