Daniël 10:7-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En ek, Daniël, alleen het die gesig gesien, maar die manne wat saam met my was, het die gesig nie gesien nie; nogtans het ’n groot skrik hulle oorval, sodat hulle gevlug het om hulle te verberg.

8. Toe het ék alleen oorgebly en hierdie groot gesig gesien, en geen krag het in my oorgebly nie, en my gesonde kleur het aan my verander en verdwyn, en ek het geen krag oorgehou nie.

9. En ek het die geluid van sy woorde gehoor, en toe ek die geluid van sy woorde hoor, het ek bewusteloos op my aangesig, met my aangesig op die aarde, geval.

10. En kyk, ’n hand het my aangeraak en my op my knieë en op die handpalms waggelend laat opstaan.

Daniël 10