Daniël 10:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN die derde jaar van Kores, die koning van die Perse, is ’n woord geopenbaar aan Daniël wat Béltsasar genoem is, en die woord is waarheid maar groot swarigheid; en hy het die woord verstaan en insig gehad in die gesig.

2. In daardie dae het ek, Daniël, drie volle weke getreur.

3. Smaaklike spys het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in my mond gekom nie; en ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was.

4. En op die vier-en-twintigste dag van die eerste maand, terwyl ek op die wal van die groot rivier was, dit is die Hiddékel,

Daniël 10