1. VERDER, broeders, bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word net soos by julle;
2. en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie.
3. Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.
4. En ons vertrou aangaande julle in die Here dat julle doen en ook sal doen wat ons julle beveel.
5. Mag die Here julle harte rig tot die liefde van God en die lydsaamheid van Christus!