2 Samuel 22:42-45 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

42. Hulle het rondgekyk, maar daar was geen verlosser nie; na die Here, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.

43. Toe het ek hulle vermaal soos die stof van die aarde, soos modder van die strate het ek hulle fyngemaal, hulle vertrap.

44. En U het my gered uit die getwis van my volk; U het my bewaar as ’n hoof van nasies; ’n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.

45. Uitlanders het al kruipende na my gekom; sodra hulle van my gehoor het, was hulle gehoorsaam aan my.

2 Samuel 22