3. Daarom het die volk dié dag stilletjies die stad ingekom, net soos mense wat skaam is, wegsluip as hulle in die geveg gevlug het.
4. En die koning het sy gesig toegemaak, en die koning het hardop uitgeroep: My seun Absalom! Absalom, my seun, my seun!
5. Toe kom Joab by die koning in die huis en sê: U het vandag die aangesig van al u dienaars beskaamd gemaak, wat vandag u lewe en die lewe van u seuns en dogters en die lewe van u vroue en die lewe van u byvroue gered het,
6. deur lief te hê diegene wat u haat, en te haat diegene wat u liefhet; want u gee vandag te kenne dat owerstes en onderdane vir u niks is nie, want ek merk vandag dat, as Absalom lewendig en ons almal vandag dood was, dit dan in u oë reg sou gewees het.
7. Staan dan nou op, gaan uit en spreek na die hart van u dienaars, want ek sweer by die Here — as u nie uitgaan nie, sal sekerlik vannag geen man by u bly nie; en dit sal vir u ’n groter onheil wees as al die onheile wat u oorgekom het van u jeug af tot nou toe.