6. En die kinders van Israel en Juda wat in die stede van Juda woonagtig was, hulle het ook die tiendes ingebring van beeste en kleinvee en die tiendes van die heilige gawes wat aan die Here hulle God geheilig was, en dit op hope neergelê.
7. In die derde maand het hulle die hope begin opstapel, en in die sewende maand was hulle daarmee gereed.
8. Toe Jehiskía en die owerstes kom en die hope sien, het hulle die Here en sy volk Israel geseën.
9. En toe Jehiskía by die priesters en die Leviete ondersoek doen na die hope,
10. het die hoëpriester Asárja, van die huis van Sadok, met hom gespreek en gesê: Vandat hulle die offergawe na die huis van die Here begin bring het, eet ons tot versadiging en hou nog oorvloedig oor; want die Here het sy volk geseën, sodat ons hierdie menigte oorgehou het.
11. Toe gee Jehiskía bevel om kamers in die huis van die Here in te rig; en hulle het dit ingerig
12. en die offergawes en die tiendes en die heilige gawes getrou ingebring; en daaroor was Konánja, die Leviet, as hoof aangestel, en sy broer Símeï as tweede.