5. En toe die bevel verbrei is, het die kinders van Israel baie eerstelinge van koring, mos en olie en heuning en van elke opbrings van die land ingelewer en die tiendes van alles in menigte ingebring.
6. En die kinders van Israel en Juda wat in die stede van Juda woonagtig was, hulle het ook die tiendes ingebring van beeste en kleinvee en die tiendes van die heilige gawes wat aan die Here hulle God geheilig was, en dit op hope neergelê.
7. In die derde maand het hulle die hope begin opstapel, en in die sewende maand was hulle daarmee gereed.
8. Toe Jehiskía en die owerstes kom en die hope sien, het hulle die Here en sy volk Israel geseën.