28. En hulle het Jerusalem ingetrek met harpe en siters en trompette, na die huis van die Here.
29. En die skrik vir God was op al die koninkryke van die lande toe hulle hoor dat die Here teen die vyande van Israel gestry het.
30. Verder het die koninkryk van Jósafat gerus, en sy God het hom rondom rus verskaf.
31. En Jósafat het oor Juda geregeer; hy was vyf-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het, en vyf-en-twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Asúba, die dogter van Silhi.
32. En hy het gewandel in die weg van sy vader Asa en daar nie van afgewyk nie, en het gedoen wat reg was in die oë van die Here.