9. En hy het hulle bevel gegee en gesê: So moet julle handel in die vrees van die Here, met getrouheid en met ’n volkome hart.
10. En by al die regsake wat voor julle kom vanweë julle broers wat in hulle stede woon, oor moord, oor wette en gebooie en insettinge en verordeninge, moet julle hulle waarsku, sodat hulle hul nie skuldig maak teen die Here en ’n toorn oor julle en oor julle broers kom nie; so moet julle handel, dat julle jul nie skuldig maak nie.
11. En kyk, Amárja, die hoofpriester, is oor julle vir enige saak van die Here, en Sebádja, die seun van Ismael, die bevelhebber van die huis van Juda, vir enige saak van die koning, en as opsigters staan die Leviete tot julle beskikking; julle moet sterk wees en dit doen. En mag die Here met die goeies wees!