2 Kronieke 14:7-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Daarom het hy aan Juda gesê: Laat ons hierdie stede opbou en met ’n muur omring en met torings, poorte en grendels, terwyl die land nog vry voor ons lê; want ons het die Here onse God gesoek — ons het gesoek, en Hy het ons rus verskaf rondom. Hulle het toe gebou en was voorspoedig.

8. En Asa het ’n leër gehad wat skild en spies dra: uit Juda driehonderdduisend man, en uit Benjamin, wat die skild dra en die boog span, tweehonderd-en-tagtigduisend; hulle was almal dapper helde.

9. En Serag, die Kusiet, het teen hulle uitgetrek met ’n leër van ’n miljoen met driehonderd strydwaens; en hy het gekom tot by Marésa.

10. Toe trek Asa uit hom tegemoet, en hulle het die slagorde opgestel in die dal Sefáta by Marésa.

2 Kronieke 14