2 Kronieke 12:8-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Maar hulle sal sy knegte word, sodat hulle my diens en die diens van die koninkryke van die lande kan leer ken!

9. En Sisak, die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van die Here en die skatte van die huis van die koning weggeneem; hy het alles weggeneem; hy het ook die goue skilde wat Salomo gemaak het, weggeneem.

10. Toe maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die ingang van die koning se huis bewaak.

11. So dikwels as die koning in die huis van die Here ingaan, kom die hardlopers en dra dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.

12. Maar weens sy verootmoediging het die toorn van die Here van hom gewyk, sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie; ook was daar in Juda nog goeie dinge.

2 Kronieke 12