2 Korinthiërs 6:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN as medewerkers vermaan ons julle ook dat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie.

2. Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.

3. Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie;

2 Korinthiërs 6