2 Korinthiërs 13:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIT is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.

2. Ek het dit vroeër gesê, en ek sê dit vooruit soos toe ek die tweede keer aanwesig was, en ek skrywe dit nou in my afwesigheid aan die wat vroeër gesondig het en aan al die ander, dat as ek weer kom, ek nie sal spaar nie,

3. aangesien julle ’n bewys soek van Christus wat in my spreek, en Hy is teenoor julle nie swak nie, maar kragtig onder julle.

2 Korinthiërs 13