2 Konings 20:1-2 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN dié dae het Hiskía dodelik siek geword; en Jesaja, die seun van Amos, die profeet, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek die Here: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.

2. Toe draai hy sy gesig na die muur, en hy het gebid tot die Here en gesê:

2 Konings 20