6. en ’n derde deel by die poort Sur, en ’n derde deel by die poort agter die hardlopers, en julle moet wag hou by die huis om dit te verdedig.
7. En die twee ander afdelings van julle, almal wat op die sabbat uitgaan, moet die wag by die huis van die Here by die koning hou;
8. en julle moet rondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, en die een wat in die rye inkom, moet gedood word; en julle moet by die koning wees as hy uit- en ingaan.
9. Die owerstes oor honderd het toe gedoen net soos die priester Jójada beveel het en elkeen sy manne geneem wat op die sabbat inkom saam met die wat op die sabbat uitgaan, en na die priester Jójada gekom.
10. En die priester het aan die owerstes oor honderd die spiese en die skilde van koning Dawid gegee wat in die huis van die Here was.