2 Konings 11:4-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Maar in die sewende jaar het Jójada die owerstes oor honderd van die Kariërs en van die hardlopers laat haal en by hom in die huis van die Here laat kom en met hulle ’n verbond gesluit onder eedswering in die huis van die Here, en vir hulle die koning se seun gewys.

5. Daarna gee hy hulle bevel en sê: Dit moet julle doen: ’n derde deel van julle wat op die sabbat inkom, moet wag hou by die huis van die koning,

6. en ’n derde deel by die poort Sur, en ’n derde deel by die poort agter die hardlopers, en julle moet wag hou by die huis om dit te verdedig.

2 Konings 11