8. Want nou leef ons, as julle vasstaan in die Here.
9. Want watter dank kan ons God vergelde oor julle vir al die blydskap waarmee ons om julle ontwil ons verbly voor onse God,
10. terwyl ons nag en dag baie ernstig bid om julle aangesig te sien en te voltooi wat aan julle geloof ontbreek?
11. Maar mag onse God en Vader self en onse Here Jesus Christus ons weg na julle toe rig;