1 Samuel 7:14-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Ook die stede wat die Filistyne van Israel geneem het, het na Israel teruggekom, van Ekron af tot by Gat; en die gebied daarvan het Israel uit die hand van die Filistyne geruk. En daar was vrede tussen Israel en die Amoriete.

15. En Samuel was rigter oor Israel al die dae van sy lewe.

16. Hy het van jaar tot jaar rondgetrek na Bet-el en Gilgal en Mispa, en Israel op al hierdie plekke gerig.

17. Dan gaan hy na Rama terug, want daar was sy huis; en daar het hy Israel gerig en daar vir die Here ’n altaar gebou.

1 Samuel 7