1 Samuel 6:6-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Waarom tog sal julle jul hart verhard soos die Egiptenaars en Farao hulle hart verhard het? Het hulle hul nie losgelaat om weg te trek toe Hy hulle sy mag laat voel het nie?

7. Neem dan nou wat nodig is en maak ’n nuwe wa; ook twee melkkoeie waar geen juk op gekom het nie; span dan die koeie in voor die wa en keer hulle kalwers agter hulle weg huis toe.

8. Neem dan die ark van die Here en sit dit op die wa, en die goue voorwerpe wat julle Hom as skuldoffer teruggee, moet julle in ’n kissie langsaan neerlê; stuur dit dan weg om heen te gaan.

1 Samuel 6