1 Samuel 3:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die seun Samuel het die Here gedien voor Eli, en die woord van die Here was skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie.

2. In dié tyd dan terwyl Eli op sy plek lê en slaap — sy oë het al begin swak word, sodat hy nie kon sien nie —

3. toe die lamp van God nog nie doodgegaan het nie, en Samuel lê en slaap in die tempel van die Here waar die ark van God was,

4. het die Here na Samuel geroep; en hy het geantwoord: Hier is ek.

1 Samuel 3