1 Samuel 2:7-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Die Here maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy.

8. Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige, om hulle te laat sit by die vorste en hulle ’n erestoel te laat beërwe. Want aan die Here behoort die pilare van die aarde, en Hy het die wêreld daarop gevestig.

9. Die voete van sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want ’n mens oorwin nie deur krag nie.

10. Die wat met die Here twis, word verpletter; oor hulle donder Hy in die hemel; die Here oordeel die eindes van die aarde, en Hy gee sterkte aan sy koning en verhef die horing van sy gesalfde.

1 Samuel 2