1 Samuel 12:23-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen die Here sou sondig, dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek sal julle in die goeie en regte weg onderrig.

24. Vrees net die Here en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.

25. Maar as julle ooit verkeerd handel, sal julle self sowel as julle koning omkom.

1 Samuel 12