1 Samuel 10:20-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. Toe Samuel dan al die stamme van Israel laat nader kom het, is die stam van Benjamin aangewys;

21. en toe hy die stam van Benjamin volgens sy geslagte laat nader kom het, is die geslag van Matri aangewys; verder is Saul, die seun van Kis, aangewys. En hulle het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.

22. En hulle het die Here verder geraadpleeg: Het nog iemand hierheen gekom? En die Here sê: Kyk, hy het tussen die pakgoed weggekruip.

23. Daarop het hulle geloop en hom daarvandaan gebring; en toe hy tussen die mense gaan staan, was hy van sy skouers af boontoe hoër as die hele volk.

24. En Samuel sê aan die hele volk: Sien julle hom wat die Here uitgekies het? Want daar is nie een onder die hele volk soos hy nie. Toe juig die hele volk en sê: Mag die koning lewe!

1 Samuel 10