1 Kronieke 8:38-40 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

38. En Asel het ses seuns gehad; en dít was hulle name: Asríkam, Bogru en Ismael en Seárja en Obádja en Hanan; hulle almal was seuns van Asel.

39. En die seuns van Esek, sy broer, was: Ulam, sy eersgeborene, Jehus, die tweede, en Elifélet, die derde.

40. En die seuns van Ulam was manne, dapper helde wat die boog gespan het, en hulle het baie kinders en kindskinders gehad, honderd-en-vyftig. Hulle was almal uit die seuns van Benjamin.

1 Kronieke 8