1 Kronieke 3:5-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En die volgende is vir hom in Jerusalem gebore: Símea en Sobab en Natan en Salomo, vier by Bat-Sua, die dogter van Ámmiël.

6. Verder Jibhar en Elisáma en Elifélet

7. en Noga en Nefeg, en Jáfia

8. en Elisáma en Éljada en Elifélet, nege —

9. almal seuns van Dawid, behalwe die seuns van die byvroue; en Tamar was hulle suster.

10. En die seun van Salomo was Rehábeam; sy seun was Abía; sy seun was Asa; sy seun was Jósafat;

11. sy seun was Joram; sy seun was Ahásia; sy seun was Joas;

1 Kronieke 3