3. En Dawid het yster in groot hoeveelheid byeengebring as spykers vir die poortdeure en as kramme, en koper in menigte, onweegbaar;
4. verder sederblokke, ontelbaar; want die Sidoniërs en die Tiriërs het vir Dawid sederblokke in menigte gebring.
5. Want Dawid het gesê: My seun Salomo is jonk en teer, en die huis wat vir die Here gebou moet word, moet buitengewoon groot wees, tot ’n roem en ’n sieraad van al die lande; laat my dan vir hom die bou voorberei. Daarom het Dawid voor sy dood groot toebereidsels gemaak.
6. Daarop het hy sy seun Salomo geroep en hom bevel gegee om ’n huis vir die Here, die God van Israel, te bou.
7. En Dawid het aan Salomo gesê: My seun, ek self het my voorgeneem om ’n huis te bou vir die Naam van die Here my God.